Jeugbeleid neem nie landelike jeug se uitdagings in ag nie

Loading player...
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het 'n vergadering oor landelike beleid aangebied in vennootskap met Deutsche Welle en die New Narratives, New Voices in Public Policy Discourse-program. Die leier van die LPM se jeugvleuel, Duminga Ndala, het by die vergadering gesê dat beleid dikwels opgestel word sonder om die werklikhede wat landelike jeugdiges in die gesig staar, aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndala gesels, wat uitbrei op haar stelling.
18 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staatsrede: Dis hoekom pensioene nie verhoog is nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede die beloofde verhoging in ouderdomspensioene, wat nie gebeur het nie, opgehaal. Sy het redes verskaf waarom pensioene nie vanjaar verhoog kon word nie. Die pensioenverhoging was 'n belofte wat in die Swapo-manifes en haar verkiesingsveldtogte gemaak is.
24 Apr 9AM 1 min

Nuwe diens-regulasies pas nie by landbou, sê TLU-SA

Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die regering se nuut-ingestelde diensbillikheids-regulasies wat rasgegronde aanstellingsteikens bekendstel. Die regulasies, wat van hierdie maand af geld, is daarop gerig om werkplek-verskeidenheid te verbeter deur die aantal swartmense, vroue en mense met gestremdhede in verskeie poste te verhoog. Bennie van Zyl van TLU…
24 Apr 9AM 1 min

Finansiële stabiliteitsverslag 'herstel openbare vertroue'

Die Bank van Namibië en Namfisa het die jaarlikse finansiële stabiliteitsverslag vrygestel onder die tema "Beveiliging van finansiële stabiliteit in 'n veranderende globale landskap”. Die sleutelverslag kontroleer die gesondheid van die finansiële stelsel deur onder andere risiko's te ontleed, banke te stres-toets en die stelsel se gereedheid vir plaaslike en…
24 Apr 9AM 1 min

BTW-verhoging omgekeer weens DA: Zille

Die DA sê finansminister Enoch Godongwana se besluit om die BTW-verhoging van 'n 0,5-persentasiepunt te skrap, is ʼn draaipunt in die stryd om Suid-Afrikaners teen ongeregverdigde finansiële laste te beskerm. Die party sê hy het ʼn voorstel van Godongwana se prokureurs ontvang om buite die hof te skik oor sy…
24 Apr 8AM 1 min

Venaani wil weet oor begroting vir oud-presidente

Die PDM-leier McHenry Venaani het premier Elijah Ngurare in die Nasionale Vergadering gevra om die toekenning van kantore aan voormalige presidente te hersien, en het die koste en volhoubaarheid van die huidige model bevraagteken. Hy het voorgestel dat bestaande kantore gebruik word, en gevra vir 'n hersiening van die Wet…
24 Apr 6AM 1 min