
Konstruksie: As Namibiese maatskappy nie presteer nie, stel ander Namibiër aan
Loading player...
Daar is steeds kommer oor tenders wat Chinese firmas bo plaaslike kontrakteurs bevoordeel. Die Padowerheid het onlangs die 29 miljoen Namibiese dollar Nkurenkuru na Nepara pad-projek aan die Chinese firma Chico oorhandig nadat die plaaslike kontrakteur, West Trading, weens swak prestasie die tender verloor het. Die tender was bedoel om plaaslike firmas te bemagtig, maar West Trading het finansiële probleme ondervind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie-federasie, wat sê dit kon aan ander Namibiese kontrakteurs gegee word.