Woord vir Vandag - 21 Mrt 2025

Loading player...
“…Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie…” Jeremia 31:3 NLV
Hoe om jou selfbeeld op te bou
Nadat hulle vierhonderd jaar as slawe in Egipte deurgebring het, het die Israeliete met lae selfbeeld gesukkel. Dus het God vir hulle gesê: ‘Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe. Ek sal jou weer herbou soos jy vroeër was…’ (verse 3-4 NLV). Hoe kan jy jou selfbeeld bou, of weer herbou? Op drie maniere: Eerstens, deur in God se onverdiende, onveranderlike, onfeilbare liefde vir jou te alle tye te glo. Tweedens, deur te dien en aan ander te gee. Wanneer jy in die verlede geviktimiseer is, is jy geneig om op jouself te fokus. Dis nie dat jy selfsugtig wil wees nie, dis wat jy voel jy moet doen sodat jy kan oorleef. Tog is die teenoorgestelde waar. Wanneer jy iemand anders help – selfs deur net ‘n klein verskil te maak – verbeter dit jou selfbeeld. Dis moeilik om slegte gevoelens oor jouself te hê wanneer jy besig is om iets goeds vir iemand anders te doen. Boonop veroorsaak waardetoevoeging tot ‘n ander se lewe dat daardie persoon jou meer waardeer. Dit skep ‘n siklus van positiewe gevoelens van een persoon na ‘n ander. Derdens, om die regte ding te doen, selfs wanneer dit die moeilike ding is om te doen. Om getrou aan jouself en jou waardes te wees is ‘n merkwaardige selfbeeldbouer. Elke keer as jy iets doen wat jou karakter bou, word jy ‘n sterker mens - hoe moeiliker die taak is, hoe meer word jou karakter gebou. ‘n Positiewe karakter beïnvloed elke area van jou lewe, wat jou selfvertroue en positiewe gevoelens in alles wat jy doen, gee.
20 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min