Woord vir Vandag - 26 Mrt 2025

Loading player...
“Geesdrif sonder kennis help niks. Oorhaastigheid stuur jou in die verkeerde koers.” Spreuke 19:2 NLV
Word deur wysheid gelei
As jy impulsief is, neig jy om ‘n tekort aan dissipline te hê. Jy kan onnadenkend of onsensitief teenoor ander wees. Jy mag dit dalk moeilik vind wanneer jy nie onmiddellike bevrediging kry nie. Jy het ‘n lae verdraagsaamheid teenoor frustrasie. Jy raak maklik verveeld. Jy kan vinnig op jou perdjie spring. Indien dit jou beskryf, is hier ses beginsels wat jy in jou lewe moet probeer inkorporeer: 1) Vra raad by wyse vriende voor jy met ‘n idee voortgaan. ‘’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis’ (Spreuke 18:15 NLV). 2) Bou vriendskappe met mense wat nie net wys is nie, maar ook sterk genoeg is om jou verantwoordbaar te hou. ‘Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word…’ (Jakobus 5:16 NLV). 3) Neem tyd om oor ‘n potensiële oop deur te bid, moenie aanneem dat jou intuïsie ‘n goddelike opdrag is nie. ‘…Hy wys vir sondaars die regte pad. Hy lei die nederiges op die regte weg, en vir dié wat beskeie is, leer Hy sy pad’ (Psalm 25:8-9 NLV). 4) Bestudeer en lees op oor ‘n area voordat jy tot aksie oorgaan. ‘’n Dwaas glo alles wat hy hoor. ‘n Verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee’ (Spreuke 14:15 NLV). 5) Wanneer jy aan die einde van ‘n seisoen van aktiwiteit kom, neem tyd om daaroor te reflekteer, sodat jy ‘n wyser persoon kan word voor jy na die volgende ding aanbeweeg. ‘Getroue werk lewer wins op. Afskeepwerk lei tot gebrek’ (Spreuke 21:5 NLV). 6) Wy jouself aan iets toe en hou daarby, selfs wanneer die volgende impuls, wat soveel lekkerder lyk, verbykom.
25 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min