Woord vir Vandag - 27 Mrt 2025

Loading player...
“Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.” Efesiërs 4:32 NLV
Hoe om te vergewe
In 1982 het John Hinckley Jnr die lewe van president Ronald Reagan probeer neem deur hom met ‘n geweer te skiet. Reagan se dogter, Patti, het later vertel wat sy by haar pa geleer het terwyl hy in die hospitaal was: ‘My pa het gesê hy weet dat sy fisiese genesing direk afhanklik is van sy vermoë om John Hinckley te vergewe. Dit het my gewys dat vergifnis die sleutel tot alles is. Hy het my ‘n voorbeeld van hoe om soos Christus te dink, gegee.’ Soms is die wonde wat ander ons toedien onbedoeld en ander kere is dit doelbewus. In beide gevalle gee die Skrif ons egter ‘n duidelike standaard oor hoe ons moet reageer. Jy moet diegene wat jou seermaak vergewe, ‘soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.’ Dis ‘n hoë standaard, maar dis een wat genesing vir ons diepste wonde bring. Soms deel ons vergifnis soos ‘n outomaat uit - meganies en sonder enige gevoelens. Die Bybel sê egter dat twee dinge met ons vergifnis moet gepaardgaan: vriendelikheid, wat deur ons aksies uitgedruk word en omgee, wat deur ons houding uitgedruk word. Hoekom? Omdat dit die manier is hoe God ons vergewe. Deur die Skrif vind ons dat emosies soos vriendelikheid, sagmoedigheid, medelye en deernis – in woorde of deur aksie – aan God toegeskryf word. Ons vind ook voorbeelde daarvan in die lewe van die mense wat God gebruik om sy planne en doelwitte te vervul. Josef was een van hulle, toe hy sy broers wat hom verraai het vergewe het. God roep ons om dieselfde te doen. Hierdie tipe vergifnis is net soveel ‘n daad van die hart as wat dit ‘n daad van die wil is.
26 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min