Woord vir Vandag - 28 Mrt 2025

Loading player...
“…Sela” Psalm 44:9 NLV
Stop en reflekteer
Wanneer hy groot waarhede en insigte met ons deel, gebruik die psalmdigter dikwels die woord ‘Sela.’ Dit beteken ‘stop en reflekteer.’ Vir baie jare het mense gesê dat ondervinding die beste leermeester is. Die waarheid is egter dat geëvalueerde ondervinding die beste leermeester is! Om te stop en te reflekteer is een van die belangrikste aktiwiteite wat jy kan doen om te groei. Dit verskaf meer waarde as motivering of aanmoediging, omdat dit jou laat seker maak dat jy op die regte pad is. As jy immers op die verkeerde pad is, het jy nie aanmoediging nodig om vinniger te beweeg nie. Jy moet stop, reflekteer en jou koers verander. In ‘n beskrywing van die eindtye, sê die Bybel: ‘…Baie sal hiernatoe en daarnatoe gaan om meer te wete te kom’ (Daniël 12:4 NLV). Kennis, wat informasie, feite en data is sal toeneem, maar dit beteken nie noodwendig dat begrip sal toeneem nie. Jy kan baie kennis deur ‘n skerp intellek en ‘n goeie geheue verkry. Om egter begrip daarvan te hê, moet jy die tyd neem om dit wat jy sien en hoor te verstaan. Galileo het gesê: ‘Alle waarhede is maklik om te verstaan sodra hulle ontdek is. Die punt is om hulle te ontdek. Dit verg ondersoek.’ Deur te stop en te reflekteer, kan jy deur jou ervarings werk, hulle in perspektief plaas en wysheid daaruit verkry, sodat jy ‘n beter toekoms kan hê. Dit word dikwels ‘aha’ oomblikke genoem, wanneer jy skielik begrip of insig kry. Dis dan wanneer die spreekwoordelike gloeilamp aangeskakel word. Min dinge is beter as sulke oomblikke. Sulke oomblikke is egter net vir diegene wat die tyd en inspanning neem om te stop en te reflekteer, beskore.
27 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min