Woord vir Vandag - 30 Mrt 2025

Loading player...
“…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde.” Psalm 30:6 NLV
Maak jy jou kinders alleen groot?
Een huwelikskenner sê dat ‘n enkelma hom ‘n verhaal gestuur het wat die eensaamheid en stres wat enkelouers ervaar, help verduidelik het. Sy het gesê sy het een dag by haar venster uitgekyk hoe die reën val en ‘n voëltjie met haar kroos kuikens in ‘n nes gesien sit het. Terwyl die reën uitgesak het, het die moedervoël haar tjirpende kuikentjies met haar uitgestrekte vlerke bedek. Toe begin die hael val. In plaas daarvan om haar kop veilig in die nes te steek, het die voëltjie haar kop opwaarts gelig en die houe geneem om haar kleintjies te beskerm. Al die kuikens het dit veilig deur die storm gemaak. Dis ‘n grafiese illustrasie van die gevare van enkelouerskap! Die verantwoordelikheid om kinders alleen groot te maak is onverbiddelik en vereis dat ‘n ma of pa ‘n bestaan maak, kook, skoonmaak, toesig hou oor huiswerk, vir siek kinders sorg, ensovoorts. Buiten hierdie daaglikse pligte moet hulle ook uitvind hoe om in hul eie persoonlike en geestelike behoeftes te voorsien. In konteks gesien is dit dalk een van die moeilikste opdragte op aarde. Enkelouers, hetsy ma’s of pa’s, het ons volgehoue ondersteuning en gebede nodig. Aan diegene wat die houe namens hul kinders vat, wees verseker dat beter dae op pad is. Die storm waarin jy jou bevind sal nie vir ewig duur nie. ‘n Pragtige reënboog sal binnekort verskyn. Wanneer die werk afgehandel is en ‘n kroos gesonde voëltjies groot is, sal daar lieflike voordele vir die ouers wat nie wegvlieg nie, wees. God se Woord beloof: ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde.’
29 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min