
Nuwe regering 'moet fokus op regte van alle Namibiërs'
Loading player...
Die omstrede sogenaamde Jerry-wette wat teen gay huwelike gemik was, is op die ou end nie deur voormalige president Nangolo Mbumba bekragtig nie. Sister Namibia voer aan dat dit nie 'n rede is vir groot feesviering nie, want daar is steeds kommer oor die Huwelikswet wat teen selfdegeslag-huwelike diskrimineer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ndapwa Alweendo van Sister Namibia, wat sê die inkomende parlement moet fokus op die menseregte van alle Namibiërs.