IMF pas groei in VSA, China, afwaarts aan

Loading player...
Die Internasionale Monetêre Fonds het sy groeivoorspellings vir Amerika, China en die meeste lande verminder, met verwysing na die impak van Amerikaanse tariewe wat op 'n 100-jarige hoogtepunt is, en waarsku dat stygende handelspanning groei verder sal laat verlangsaam. Groei in die VSA sal nou na verwagting vanjaar net 1,8 persent wees, laer as die fonds se aanvanklike raming in Januarie van 2,7 persent. Kenneth Rogoff, 'n voormalige IMF-hoofekonoom, het op BBC Radio 4 se PM-program gesê as Trump nie sy tariewe terugtrek nie, is die kanse op 'n Amerikaanse resessie en ook wêreldwye resessie byna 100 persent.
22 Apr 8PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Powell is gewoond aan politieke druk - Lagarde

Die president van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, sê sy hoop nie president Donald Trump van Amerika gaan die voorsitter van die Federale Reserwe, Jerome Powell, afdank nie. Trump het Powell in sy eerste termyn aangestel. Hy plaas druk op Powell om rentekoerse te verlaag en waarsku die Amerikaanse…
22 Apr 10PM 1 min

VF+ sê oor Kleinfontein se Afrikaner-gemeenskap

Die Vryheidsfront Plus sê die MK-party se besoek aan Kleinfontein naby Pretoria plaas weer die kollig op kultuurgemeenskappe en hul reg op bestaan in Suid-Afrika. Die Hooggeregshof in Pretoria het die wit, Afrikaanse dorpie verlede jaar onwettig verklaar op grond van die Stad Tshwane se munisipale soneringsregulasies. Jaco Mulder van…
22 Apr 10PM 1 min

Safland se sentrums vorder in Lüderitz, Goreangab

Die Safland Property Group is besig met 'n winkelsentrum in Lüderitz. One Africa het met die groep se uitvoerende hoof, Kallie van der Merwe, gesels. Hy het meer planne uiteengesit vir die kusdorp maar, het ook oor hulle ontwikkeling by Goreangab gesels. Die sentrum sal na verwagting volgende jaar Mei…
22 Apr 10PM 1 min

Nujoma moet lewensvatbaarheid oorweeg voor hy beloftes maak

Die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming, Mike Kavekotora, waarsku dat die regering se plan om binne 'n jaar 5 000 huise in Khomas te bou, die risiko loop om vorige mislukkings te herhaal as dit swak beplan word. Hy het 'n gebrek aan duidelike implementeringsbesonderhede gekritiseer en president…
22 Apr 9PM 1 min

Sensus vir inkomstes en uitgawes begin eers volgende week

Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes wat op 20 Maart sou begin, gaan nou eers volgende week afskop. Dit sal armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys insluit, asook Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal. Die Namibiese Statistiekagentskap sal die opname hierdie week loods. Kosmos 94.1 Nuus het…
22 Apr 9PM 1 min