VF+ sê oor Kleinfontein se Afrikaner-gemeenskap

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê die MK-party se besoek aan Kleinfontein naby Pretoria plaas weer die kollig op kultuurgemeenskappe en hul reg op bestaan in Suid-Afrika. Die Hooggeregshof in Pretoria het die wit, Afrikaanse dorpie verlede jaar onwettig verklaar op grond van die Stad Tshwane se munisipale soneringsregulasies. Jaco Mulder van die VF Plus sê kultuurgemeenskappe soos Kleinfontein, Orania en die Zoeloe-kultuurgemeenskap weerspieël Suid-Afrika se werklikheid:
22 Apr 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA moet hervorm na IMF-voorspelling

'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê klem moet opnuut geplaas word op die bespoediging van noodsaaklike strukturele hervormings. Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitskouing vir Suid-Afrika se bruto binnelandse produk vir 2025 afwaarts aangepas van 1,5 persent tot slegs 1 persent. Die IMF voorspel…
23 Apr 3AM 1 min

Tariewe is gulde geleentheid vir Brittanje

Die voormalige adjunk-eerste minister en oud-buitelandse sake minister van Brittanje, Dominic Raab sê Amerikaanse tariewe bied in werklikheid ‘n uiters groot geleentheid vir die Verenigde Koninkryk om sy handelsbasis uit te brei, veral na die Indo-Stille Oseaan. Raab het met SkyNews gepraat.
23 Apr 3AM 1 min

Dubbeldoor geleentheid om Ehra by te staan

Die Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, neem deel aan die Big Give Green Match Fund wat tot 29 April duur. Elke skenking wat gemaak word, sal deur die fonds verdubbel word. Ehra samel fondse in vir ‘n mobiele waterpunt beskermingseenheid om herstelwerk uit te voer aan infrastruktuur wat…
23 Apr 3AM 1 min

Bestuurskenner sê oor NNN se eerste staatsrede

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal môre haar eerste staatsrede lewer. Die jaarlikse toespraak in die parlement is 'n opdatering van Namibië se ekonomiese, politieke en sosiale status, beklemtoon prestasies en gee 'n uiteensetting van toekomstige regeringsplanne. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo, wat kwessies wat aangespreek…
23 Apr 3AM 1 min