
SA moet hervorm na IMF-voorspelling
Loading player...
'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê klem moet opnuut geplaas word op die bespoediging van noodsaaklike strukturele hervormings. Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitskouing vir Suid-Afrika se bruto binnelandse produk vir 2025 afwaarts aangepas van 1,5 persent tot slegs 1 persent. Die IMF voorspel ook dat die land se groeikoers teen 2040 slegs 1,8 persent sal wees. Parsons sê gegewe Suid-Afrika se maatskaplik-ekonomiese uitdagings, is dit eenvoudig nie goed genoeg nie: