
Cosatu steun Sadou-optog teen besnoeiings
Loading player...
Cosatu sê hy gaan vandag saam met die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie ʼn optog teen besnoeiings hou na verskeie staatsdepartemente in Tshwane. Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê dis deel van Sadou se voortslepende teenkanting teen sogenaamde neo-liberale begrotingsbesnoeiings wat die onderwyssektor en ander staatsdepartemente negatief raak. Sy sê hulle het die regering aanhoudend gevra om sy obsessie met besnoeiings te staak: