
Namibië deel van nuwe Drag and Vogue Beyond Borders-projek
Loading player...
Namibië, Kenia, Suid-Afrika en Duitsland het Drag and Vogue Beyond Borders in die hoofstad bekendgestel. Die projek is opgedeel in vyf internasionale fases wat insluit Pride-parades in Washington DC en Berlyn, 'n Pride-konferensie in Berlyn sowel as 'n vieringsdag in Nairobi, met 'n finale Pride-parade in Namibië. Die eerste fase sal in Junie by World Pride in Washington afskop. Tydens die bekendstelling het Omar Van Reenen, medestigter van Equal Namibia, die samewerking tussen plaaslike en Afrika-vennote uitgelig.