
Goudprys sal waarskynlik aanhou styg, sê ekonoom
Loading player...
Goud bly presteer en daar is voorspellings deur Goldman Sachs dat die edelmetaal 4 000 Amerikaanse dollar per fyn ons kan haal. Op die oomblik verhandel goud bo 3 300 Amerikaanse dollar. Dit word aangedryf deur onsekerheid as gevolg van Amerikaanse tariewe sowel as president Donald Trump se aanvalle op die Federale Reserwebank. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Chris Hart gesels oor sy mening.