
As SA se ekonomie verswak, sal Namibië s'n volg
Loading player...
Reaksie word ontvang op berigte dat die Internasionale Monetêre Fonds die buurland se ekonomiese groeiverwagting vir 2025 na 1 persent hersien, wat beduidend laer is as die Nasionale Tesourie se vooruitskatting van 1,5 persent in Januarie. Die finansminister, Enoch Godongwana, het verlede maand nog 'n groeikoers van 1,7 persent vir vanjaar voorspel. Die IMF skryf die negatiewe hersiening toe aan verhoogde globale handelspanning, veral die uitwerking van Amerikaanse president Donald Trump se tariewe, wat wêreldwye voorsieningskettings ontwrig het en beleggersvertroue verswak. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement ekonomie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.