Netbal SA-president moet aangekla word voor organisasies optree

Loading player...
Netbal: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee, die sport-departement, en Netbal SA sê hulle sal slegs optree as Netbal SA en Afrika Netbal se president, Cecilia Molokwane amptelik aangekla word deur Wêreldnetbal. Die internasionale liggaam het haar geskors oor beweerde wanadministrasie. Die adjunkminister van Sport, Peace Mabe, het aan die Parlement gesê dit sal onregverdig wees om Molokwane sonder behoorlike prosesse te skors. Sy sê interne ondersoeke moet enige verdere optrede bepaal:
23 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië deel van nuwe Drag and Vogue Beyond Borders-projek

Namibië, Kenia, Suid-Afrika en Duitsland het Drag and Vogue Beyond Borders in die hoofstad bekendgestel. Die projek is opgedeel in vyf internasionale fases wat insluit Pride-parades in Washington DC en Berlyn, 'n Pride-konferensie in Berlyn sowel as 'n vieringsdag in Nairobi, met 'n finale Pride-parade in Namibië. Die eerste fase…
23 Apr 7AM 1 min

Wat doen gesondheidministerie aan malaria, wil Kambala weet

Die AR-parlementslid George Kambala het in die Nasionale Vergadering gesê Namibiërs het nog nie nuwe gesondheidminister Esperance Luvindao gesien nie. Hy het haar uitgevra oor die styging in malaria-gevalle en of die ministerie maatreëls ingestel het om infeksies te elimineer. Luvindao het so geantwoord:
23 Apr 7AM 1 min

As SA se ekonomie verswak, sal Namibië s'n volg

Reaksie word ontvang op berigte dat die Internasionale Monetêre Fonds die buurland se ekonomiese groeiverwagting vir 2025 na 1 persent hersien, wat beduidend laer is as die Nasionale Tesourie se vooruitskatting van 1,5 persent in Januarie. Die finansminister, Enoch Godongwana, het verlede maand nog 'n groeikoers van 1,7 persent vir…
23 Apr 7AM 1 min

Goudprys sal waarskynlik aanhou styg, sê ekonoom

Goud bly presteer en daar is voorspellings deur Goldman Sachs dat die edelmetaal 4 000 Amerikaanse dollar per fyn ons kan haal. Op die oomblik verhandel goud bo 3 300 Amerikaanse dollar. Dit word aangedryf deur onsekerheid as gevolg van Amerikaanse tariewe sowel as president Donald Trump se aanvalle op…
23 Apr 7AM 1 min

Twee dae se gradeplegtigheid-verkeer wag vir hoofstad

Unam se gradeplegtigheid by Mercure môre en Vrydag by die Mercure Hotel in die hoofstad is dalk ‘n gejuig vir die studente maar, ‘n reuse-hoofpyn vir motoriste. Die universiteit moedig studente aan om van saamry geleenthede of taxi’s gebruik te maak om die druk te verlig. Simon Namesho, Unam-woordvoerder, het…
23 Apr 6AM 1 min