
Sensus vir inkomstes en uitgawes begin eers volgende week
Loading player...
Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes wat op 20 Maart sou begin, gaan nou eers volgende week afskop. Dit sal armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys insluit, asook Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal. Die Namibiese Statistiekagentskap sal die opname hierdie week loods. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die agentskap se woordvoerder.