Powell is gewoond aan politieke druk - Lagarde

Loading player...
Die president van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, sê sy hoop nie president Donald Trump van Amerika gaan die voorsitter van die Federale Reserwe, Jerome Powell, afdank nie. Trump het Powell in sy eerste termyn aangestel. Hy plaas druk op Powell om rentekoerse te verlaag en waarsku die Amerikaanse ekonomie kan andersins verlangsaam. Lagarde het aan CNBC gesê sy en Powell is gewoond aan politieke druk:
22 Apr 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bestuurskenner sê oor NNN se eerste staatsrede

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal môre haar eerste staatsrede lewer. Die jaarlikse toespraak in die parlement is 'n opdatering van Namibië se ekonomiese, politieke en sosiale status, beklemtoon prestasies en gee 'n uiteensetting van toekomstige regeringsplanne. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo, wat kwessies wat aangespreek…
23 Apr 3AM 1 min

Olie- en gasbedryf: Korrupsie sal nie geduld word nie

Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie het vandag in die hoofstad begin en eerste minister Elijah Ngurare, het namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgevaardigdes toegespreek. Hy beklemtoon die bou van vaardighede, die ondersteuning van plaaslike besighede en die bevordering van 'n omgewing waar Namibiese talent kan floreer.
23 Apr 3AM 1 min

Jong LP's moet ingelig wees, sterk debat voer

Duminga Ndala, leier van die LPM-jeugbevel, het 'n beroep op jong LP's gedoen om betekenisvolle, ingeligte debatte aan te pak wat die jeug se sosio-ekonomiese stryd aanspreek. Sy sê politieke retoriek is nie voldoende nie, en dring aan op ontwikkelingsprojekte en regeringsinisiatiewe wat die lewens van jongmense direk sal verbeter…
23 Apr 2AM 1 min