
Olie- en gasbedryf: Korrupsie sal nie geduld word nie
Loading player...
Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie het vandag in die hoofstad begin en eerste minister Elijah Ngurare, het namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgevaardigdes toegespreek. Hy beklemtoon die bou van vaardighede, die ondersteuning van plaaslike besighede en die bevordering van 'n omgewing waar Namibiese talent kan floreer.