Die AR-parlementslid George Kambala het in die Nasionale Vergadering gesê Namibiërs het nog nie nuwe gesondheidminister Esperance Luvindao gesien nie. Hy het haar uitgevra oor die styging in malaria-gevalle en of die ministerie maatreëls ingestel het om infeksies te elimineer. Luvindao het so geantwoord:
Reaksie word ontvang op berigte dat die Internasionale Monetêre Fonds die buurland se ekonomiese groeiverwagting vir 2025 na 1 persent hersien, wat beduidend laer is as die Nasionale Tesourie se vooruitskatting van 1,5 persent in Januarie. Die finansminister, Enoch Godongwana, het verlede maand nog 'n groeikoers van 1,7 persent vir…
Goud bly presteer en daar is voorspellings deur Goldman Sachs dat die edelmetaal 4 000 Amerikaanse dollar per fyn ons kan haal. Op die oomblik verhandel goud bo 3 300 Amerikaanse dollar. Dit word aangedryf deur onsekerheid as gevolg van Amerikaanse tariewe sowel as president Donald Trump se aanvalle op…
Unam se gradeplegtigheid by Mercure môre en Vrydag by die Mercure Hotel in die hoofstad is dalk ‘n gejuig vir die studente maar, ‘n reuse-hoofpyn vir motoriste. Die universiteit moedig studente aan om van saamry geleenthede of taxi’s gebruik te maak om die druk te verlig. Simon Namesho, Unam-woordvoerder, het…
Suid-Afrika se verbruikersinflasie het in Maart tot 2,7-persent gedaal, wat die eerste daling in vyf maande is. Statistieke Suid-Afrika sê die jaar-tot-jaar verandering in die verbruikersprysindeks het gedaal vanaf drie-persent in Februarie tot die laagste vlak sedert Junie 2020. Patrick Kelly van Statistieke SA sê die hoofbydraers tot die afname…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.