
SA kort meer binnenshuise atletiekfasiliteite
Loading player...
Atletiek Suid-Afrika se president, James Moloi, het die regering en munisipaliteite aangemoedig om meer binnenshuise atletiekfasiliteite te bou. Dit volg op Prudence Sekgodiso se 800-meter goue medalje en Akani Simbine se bronsmedalje in die 60-meter by die Wêreldbinnenshuise-atletiekkampioenskap in Nanjing, China. Moloi beklemtoon dat die uitbreiding van binnenshuise fasiliteite meer atlete sal aanmoedig en Suid-Afrika se mededingendheid op wêreldvlak sal verbeter.