
Nanso neem onlangse studenteraad vergadering onder die loep
Loading player...
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het belangrike opvoedkundige kwessies by hul onlangse algemene studenteraad aangespreek. Hulle het onder meer 'n beroep gedoen op beter infrastruktuur, die werwing van meer onderwysers, skoolvoedingsprogramme en billike verspreiding van hulpbronne in alle skole. Die organisasie dring ook aan op verhoogde finansiering vir kwesbare leerders en 'n onderwysheffing om tersiêre onderwys te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jessy Abraham, Nanso se woordvoerder, wat meer inligting gee.