
Sonkragsektor: Planne lyk mooi, waar's die geld?
Loading player...
Die sonkragsektor regoor Afrika sal na verwagting vanjaar met sowat 42 persent groei weens nuwe aanlegte wat gebou word. Hoë kapitaalkoste is steeds 'n uitdaging, maar Namibië bly nie agter nie. Kontrakteurs is reeds 'n tender toegestaan vir 'n 100 megawatt-sonkragaanleg naby Rosh Pinah, en bouwerk aan 'n 20 megawatt sonkragaanleg naby Otjiwarongo is reeds aan die gang. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner Harald Schütt, wat nie entoesiasties is oor waar die geld vandaan gaan kom nie.