
Cyril kan nie alleen 'n ambassadeur vir VSA kies nie, GNU moet
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê president Cyril Ramaphosa beroep hom op die bepalings van die Grondwet in 'n poging om 'n nuwe ambassadeur na Amerika aan te stel en draai sy rug op die gees van samewerking in die regering van nasionale eenheid. Die president het gesê dit is nie nodig om met vennote in die regering te raadpleeg oor Ebrahim Rasool se plaasvervanger nie. Die VF Plus se leier, Corné Mulder, sê Ramaphosa is vry om aan te stel wie hy wil binne die ooreengekome raamwerk van die regering van nasionale eenheid: