
Nampa 'kan nie net eis dat dubbel-salaris terugbetaal word'
Loading player...
Die Namibië Persagentskap, Nampa, het per ongeluk sy werknemers dubbel betaal die maand weens 'n tegniese loonlys fout. Nampa se uitvoerende hoof, Linus Chata, het in 'n nota op 24 Maart verantwoordelikheid vir die fout aanvaar. Hy het gewaarsku dat indien die bank nie die oorbetaalde bedrae kan verhaal nie, personeel die geld vrywillig moet terugbetaal. As hulle dit nie doen nie, sal hulle nie volgende maand 'n salaris kry nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Julius Natangwe, die sekretaris-generaal van die Revolutionary Union, wat advies gee vir beide werkgewers en personeel.