Nust verduidelik oor LGBT-mansstudente en vroue-toilette

Loading player...
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het manlike LGBT-studente by Nust veroordeel oor hul gebruik van vroulike toilette. Vroulike studente het ongemak uitgespreek oor die kwessie, wat volgens berigte nie deur die universiteit aangespreek is nie. Nanso -president Dorthea Nangolo het benadruk dat hoewel LGBT-regte gerespekteer moet word, manlike studente moet hou by toilette se geslagsnorme. Sy het universiteite versoek om beleide op te stel om dit aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cindy-Lee van Wyk, Nust se woordvoerder.
26 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lenings kan jou help om toekoms te bou

Lenings word dikwels as negatief geag, maar dit kan kragtige instrumente wees om 'n beter toekoms te bou. Om verantwoordelik te leen, gaan nie net daaroor om noodgevalle te dek nie, dit ook oor geleenthede wat ‘n toekoms kan bou. Natasha Winkler, die besturende direkteur by Old Mutual Finance, het…
22 Apr 9AM 1 min

Groot afname in padongelukke in SA oor Paasnaweek

Die Outomobiel-Assosiasie sê hy is bemoedig deur vroeë aanduidings van ’n beduidende verandering in padgebruikersgedrag gedurende die Paastyd. Voorlopige data dui op ’n noemenswaardige afname in ongelukke en sterftes, ondanks verkeersvolumes wat die hoogste vlak in vyf jaar bereik het. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê dit dui op…
22 Apr 9AM 1 min

MVA betreur styging in padongelukke sover in 2025

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het 810 padongelukke tussen 1 Januarie en 13 April vanjaar aangeteken. Dit het gelei tot 1 256 beserings en 130 sterftes. Dit is 'n reuse-styging teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, toe 37 ongelukke, 126 beserings en agt sterftes en aangemeld is. Die hoof korporatiewe beampte by die…
22 Apr 8AM 1 min

DA beskuldig finansminister van oorskryding van mag oor BTW

Die DA het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, daarvan beskuldig dat hy sy grondwetlike magte oorskry het toe hy sonder parlementêre goedkeuring die BTW-verhoging aangekondig het. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap hoor vandag 'n dringende aansoek van die DA en EFF om hom te verbied om BTW volgende maand…
22 Apr 8AM 1 min

Nuwe kontinentale LGBT-inisiatief wil haatspraak teenwerk

Equal Namibia en vennote nooi die publiek na 'n perskonferensie môre om 9 uur by die House of Democracy in die hoofstad. Dit is om 'n nuwe samewerking te loods onder leiding van jeugbewegings van regoor Afrika en die diaspora. Die inisiatief het ten doel om toenemende anti-LGBT-retoriek op verskillende…
22 Apr 8AM 1 min