FNB voorspel baie meer werksgeleenthede in SA

Loading player...
FNB voorspel ʼn aansienlike toename in werksgeleenthede te midde van geleidelike verbeterings in die bedryfsomgewing. Die totale aantal werkende mense in Suid-Afrika het van Desember 2023 tot Desember verlede jaar met 91 000 gedaal. Volgens Statistiek Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingstatistiek het voltydse werksgeleenthede met 26 000 afgeneem en deeltydse werksgeleenthede met 65 000. FNB se senior ekonoom, Koketso Mano, beklemtoon belegging in infrastruktuur om langtermyn-indiensneming te bevorder.
26 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lenings kan jou help om toekoms te bou

Lenings word dikwels as negatief geag, maar dit kan kragtige instrumente wees om 'n beter toekoms te bou. Om verantwoordelik te leen, gaan nie net daaroor om noodgevalle te dek nie, dit ook oor geleenthede wat ‘n toekoms kan bou. Natasha Winkler, die besturende direkteur by Old Mutual Finance, het…
22 Apr 9AM 1 min

Groot afname in padongelukke in SA oor Paasnaweek

Die Outomobiel-Assosiasie sê hy is bemoedig deur vroeë aanduidings van ’n beduidende verandering in padgebruikersgedrag gedurende die Paastyd. Voorlopige data dui op ’n noemenswaardige afname in ongelukke en sterftes, ondanks verkeersvolumes wat die hoogste vlak in vyf jaar bereik het. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê dit dui op…
22 Apr 9AM 1 min

MVA betreur styging in padongelukke sover in 2025

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het 810 padongelukke tussen 1 Januarie en 13 April vanjaar aangeteken. Dit het gelei tot 1 256 beserings en 130 sterftes. Dit is 'n reuse-styging teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, toe 37 ongelukke, 126 beserings en agt sterftes en aangemeld is. Die hoof korporatiewe beampte by die…
22 Apr 8AM 1 min

DA beskuldig finansminister van oorskryding van mag oor BTW

Die DA het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, daarvan beskuldig dat hy sy grondwetlike magte oorskry het toe hy sonder parlementêre goedkeuring die BTW-verhoging aangekondig het. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap hoor vandag 'n dringende aansoek van die DA en EFF om hom te verbied om BTW volgende maand…
22 Apr 8AM 1 min

Nuwe kontinentale LGBT-inisiatief wil haatspraak teenwerk

Equal Namibia en vennote nooi die publiek na 'n perskonferensie môre om 9 uur by die House of Democracy in die hoofstad. Dit is om 'n nuwe samewerking te loods onder leiding van jeugbewegings van regoor Afrika en die diaspora. Die inisiatief het ten doel om toenemende anti-LGBT-retoriek op verskillende…
22 Apr 8AM 1 min