
Begroting: Fiskus bly kwesbaar
Loading player...
Finansminister Ericah Shafudah se eerste nasionale begroting wat Donderdag in die parlement ter tafel gelê is, is ‘n koorddans tussen fiskale dissipline en groei, sê die gesoute ekonoom, dr. John Steytler. Die fiskus bly egter kwesbaar en net een misstap kan die hele proses ontwrig, waarsku hy.