As Cyril nie ‘Kill the Boer’ veroordeel nie, ondersteun hy dit

Loading player...
AfriForum het uitgevaar teen president Cyril Ramaphosa omdat hy weier om die omstrede 'Kill the Boer'-dreunsang te veroordeel, en noem dit stille goedkeuring van geweld teen Afrikaners. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa sal nie die dreunsang veroordeel nie, ondanks die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, se kritiek. Ernst van Zyl van AfriForum beskuldig Ramaphosa dat hy politieke alliansies voorrang gee en nie aandag skenk aan minderheidskwessies nie:
28 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lenings kan jou help om toekoms te bou

Lenings word dikwels as negatief geag, maar dit kan kragtige instrumente wees om 'n beter toekoms te bou. Om verantwoordelik te leen, gaan nie net daaroor om noodgevalle te dek nie, dit ook oor geleenthede wat ‘n toekoms kan bou. Natasha Winkler, die besturende direkteur by Old Mutual Finance, het…
22 Apr 12PM 1 min

Groot afname in padongelukke in SA oor Paasnaweek

Die Outomobiel-Assosiasie sê hy is bemoedig deur vroeë aanduidings van ’n beduidende verandering in padgebruikersgedrag gedurende die Paastyd. Voorlopige data dui op ’n noemenswaardige afname in ongelukke en sterftes, ondanks verkeersvolumes wat die hoogste vlak in vyf jaar bereik het. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê dit dui op…
22 Apr 12PM 1 min

MVA betreur styging in padongelukke sover in 2025

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het 810 padongelukke tussen 1 Januarie en 13 April vanjaar aangeteken. Dit het gelei tot 1 256 beserings en 130 sterftes. Dit is 'n reuse-styging teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, toe 37 ongelukke, 126 beserings en agt sterftes en aangemeld is. Die hoof korporatiewe beampte by die…
22 Apr 11AM 1 min

DA beskuldig finansminister van oorskryding van mag oor BTW

Die DA het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, daarvan beskuldig dat hy sy grondwetlike magte oorskry het toe hy sonder parlementêre goedkeuring die BTW-verhoging aangekondig het. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap hoor vandag 'n dringende aansoek van die DA en EFF om hom te verbied om BTW volgende maand…
22 Apr 11AM 1 min

Nuwe kontinentale LGBT-inisiatief wil haatspraak teenwerk

Equal Namibia en vennote nooi die publiek na 'n perskonferensie môre om 9 uur by die House of Democracy in die hoofstad. Dit is om 'n nuwe samewerking te loods onder leiding van jeugbewegings van regoor Afrika en die diaspora. Die inisiatief het ten doel om toenemende anti-LGBT-retoriek op verskillende…
22 Apr 11AM 1 min