Woord vir Vandag - 1 April 2025

Loading player...
Deuteronomium 8:18 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (2)
Nadat hulle vierhonderd jaar as slawe geleef het, was die Israeliete op die punt om die Beloofde Land in te neem. God was egter besorg – dieselfde besorgdheid wat Hy oor elkeen van ons het. Wanneer jy min het, besef jy hoe afhanklik jy van God is. Wanneer jy egter baie het, is mens geneig om God, die bron van elke seëning, te vergeet. Let op wat Dawid gesê het toe God se mense oorvloedig gegee het om die tempel te bou: ‘…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!.. selfs hierdie boumateriaal wat ons ingesamel het om ‘n tempel te bou om u heilige Naam te eer, kom van U af. Dit behoort alles aan U!’ (1 Kronieke 29:14, 16 NLV). Die gebed wat Dawid daardie dag gebid het, het ‘n blywende indruk op sy seun Salomo gemaak, wat later geskryf het: ‘En as God aan mense rykdom en besittings gee, en die vermoë om dit te geniet, is dit ook ‘n geskenk uit sy hand’ (Prediker 5:18 NLV). Jy sê: ‘Ek het hard gewerk om bo in my beroep uit te kom,’ of ‘Ek het hard gewerk om hierdie besigheid op te bou.’ Wie het vir jou die krag daarvoor gegee? Wie het vir jou die talente gegee? As jy dink dat jy dit alles self behaal het, lees die volgende Skrifgedeelte, skryf dit neer en dra dit met jou saam: ‘Nou sê die Here, jou Redder, die Heilige van Israel: ‘Ek is die Here jou God wat jou leer wat vir jou reg is. Ek lei jou op die pad waarop jy moet loop’’ (Jesaja 48:17 NLV)
31 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min