Woord vir Vandag - 2 April 2025

Loading player...
Job 1:21 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (3)
Job het die volgende oor sy groot rykdom gesê: ‘…Naak het ek uit my ma se skoot gekom, en naak sal ek weer van alles gestroop wees die dag wanneer ek doodgaan…’ Job het verstaan dat ons almal met leë hande die lewe binnekom en met leë hande die lewe verlaat. Die enigste ding wat ons saam met ons kan neem, is dit wat ons vooruit gestuur het. Jesus sê die volgende daaroor: ‘Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar motte en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees’ (Matteus 6:19-21 NLV). Jesus se gehoor sou rykdom en skatte as klere, kos en geld gesien het. Ryk mense het die beste klere gedra, maar motte kon gate daarin vreet. Ryk mense het die beste kos geëet, maar rotte en wurms kon dit opvreet. Ryk mense het silwer en goud besit, maar aangesien daar geen banke was nie, het hulle hul geld in hulle huise bewaar. Die huise was egter van klei gebou en diewe kon gemaklik deur die muur breek en dit steel. Dus het Jesus gesê: ‘Moenie jou skat bêre waar dit beskadig, verrot of gesteel kan word nie.’ ‘n Pastoor skryf: ‘Jesus wil nie jou geld hê nie. Dis reeds syne. Jesus wil jou hart hê. Aangesien jou hart egter altyd jou geld volg, wil Hy hê dat jy jou geld, jou rykdom en jou besittings aan Hom moet oorgee.’ Wanneer jy dit doen, belê jy in die ewigheid.
1 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min