ActionSA beskuldig die DA van skynheiligheid oor die omstrede beoogde BTW-verhoging, ondanks die DA se openbare teenkanting daarteen. Alan Beesley van Action SA sê die DA se woordvoerder oor Finansies, Ashor Sarupen, was betrokke by die opstel van die oorspronklike begrotingsrede waarin die verhoging ingesluit is. Beesley beweer die DA…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê pous Franciskus was ʼn voortreflike stem vir vrede, menswaardigheid en maatskaplike geregtigheid. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is gisteroggend aan 'n beroerte en hartversaking dood. Guterres het by die wêreld aangesluit om oor pous…
Die Kamer van Mynwese se 46ste jaarvergadering vind môremiddag in Windhoek plaas. Die president, Zebra Kasete, sal die mynbedryf se prestasie in 2024 hersien, asook die bedryf se belangrikste prestasies en hoogtepunte. Nuwe ampsdraers vir 2025 tot 2027 sal ook aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Veston Malango,…
Die polisie en die Presidensiële Beskermingseenheid het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat daar op adjunkpresident Paul Mashatile se amptelike voertuig geskiet is. Mashatile het teruggekeer van ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee toe daar 'n paar weke gelede op sy konvooi in Boksburg, naby die N12,…
Amerikaanse president Donald Trump het die verdedigingminister, Pete Hegseth, ondersteun ná berigte dat meer militêre aanvalbesonderhede gedeel is in nog 'n groepgesprek op Signal. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit, waar Hegseth inligting oor lugaanvalle teen Jemen gedeel het. Trump het gesê die bron klink…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.