
Guterres bring hulde aan Franciskus
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê pous Franciskus was ʼn voortreflike stem vir vrede, menswaardigheid en maatskaplike geregtigheid. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is gisteroggend aan 'n beroerte en hartversaking dood. Guterres het by die wêreld aangesluit om oor pous Franciskus se dood te rou en sê sy nalatenskap sluit geloof, diens en deernis vir almal in: