Hoogste hof sê vandag oor Florin se parool

Loading player...
Die hooggeregshof sal vanoggend om tien sy uitspraak in die appèl van die sogenaamde Swakopmund Butcher, Thomas Florin lewer. Florin het sy vrou Monika, in Desember 1999, in Swakopmund vermoor. Toe hy die misdade gepleeg het, het Namibië se paroolwette gevangenes wat lewenslange vonnisse uitgedien het, toegelaat om na tien jaar om parool aansoek te doen. Nuwe wette wat ná sy vonnisoplegging aangeneem is, het egter paroolreëls verander. Media ombud en regskenner John Nakuta het sy mening so aan Desert FM in Februarie vanjaar verwoord.
31 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA is skynheilig oor BTW - ActionSA

ActionSA beskuldig die DA van skynheiligheid oor die omstrede beoogde BTW-verhoging, ondanks die DA se openbare teenkanting daarteen. Alan Beesley van Action SA sê die DA se woordvoerder oor Finansies, Ashor Sarupen, was betrokke by die opstel van die oorspronklike begrotingsrede waarin die verhoging ingesluit is. Beesley beweer die DA…
22 Apr 3AM 1 min

Guterres bring hulde aan Franciskus

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê pous Franciskus was ʼn voortreflike stem vir vrede, menswaardigheid en maatskaplike geregtigheid. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is gisteroggend aan 'n beroerte en hartversaking dood. Guterres het by die wêreld aangesluit om oor pous…
22 Apr 3AM 1 min

Mynwese-kamer hou jaarvergadering

Die Kamer van Mynwese se 46ste jaarvergadering vind môremiddag in Windhoek plaas. Die president, Zebra Kasete, sal die mynbedryf se prestasie in 2024 hersien, asook die bedryf se belangrikste prestasies en hoogtepunte. Nuwe ampsdraers vir 2025 tot 2027 sal ook aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Veston Malango,…
22 Apr 2AM 1 min

Mashatile wil nie bespiegel oor skietery nie

Die polisie en die Presidensiële Beskermingseenheid het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat daar op adjunkpresident Paul Mashatile se amptelike voertuig geskiet is. Mashatile het teruggekeer van ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee toe daar 'n paar weke gelede op sy konvooi in Boksburg, naby die N12,…
22 Apr 2AM 1 min

Trump staan bankvas agter Hegseth

Amerikaanse president Donald Trump het die verdedigingminister, Pete Hegseth, ondersteun ná berigte dat meer militêre aanvalbesonderhede gedeel is in nog 'n groepgesprek op Signal. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit, waar Hegseth inligting oor lugaanvalle teen Jemen gedeel het. Trump het gesê die bron klink…
22 Apr 1AM 1 min