Spanning in Suid-Soedan neem toe

Loading player...
Spanning in Suid-Soedan neem toe, veral na die arrestasie van die adjunkpresident Riek Machar, oud-opposisie van president Salva Kiir. Die vredesooreenkoms van 2018 is volgens berigte besig om te verbrokkel. Die spanning het verskeie ambassades in Juba genoop om hul burgers te vra om Suid-Soedan te verlaat, terwyl oproepe vermeerder vir 'n vreedsame oplossing vir die krisis wat dreig om die land weer in burgeroorlog te dompel. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres het sy eie pleidooi vir vrede so verwoord.
31 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump staan bankvas agter Hegseth

Amerikaanse president Donald Trump het die verdedigingminister, Pete Hegseth, ondersteun ná berigte dat meer militêre aanvalbesonderhede gedeel is in nog 'n groepgesprek op Signal. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit, waar Hegseth inligting oor lugaanvalle teen Jemen gedeel het. Trump het gesê die bron klink…
22 Apr 1AM 1 min

Ramaphosa het lof vir Franciskus

President Cyril Ramaphosa sê as kerkhoof en wêreldwye figuurlike leier, het pous Franciskus 'n beskouing van insluiting, gelykheid en sorg vir gemarginaliseerde individue en groepe bevorder. Die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk, is gisteroggend op 88-jarige ouderdom oorlede. Hy is onlangs uit die hospitaal ontslaan ná weke se…
22 Apr 1AM 1 min

Weerkenner sê oor komende winter

Namate die temperatuur begin daal, word Namibiërs gewaarsku om voor te berei op 'n winter wat kouer as gewoonlik sal wees. Weervoorspellings dui daarop dat hierdie winter meer gereelde kouestelsels en 'n groter kans op reënval kan bring in vergelyking met vorige jare. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die…
22 Apr 1AM 1 min

Oud-minister weerlê Cirrus se navorsing

‘n Verslag deur Cirrus oor openbare gesondheidsdienste het genoem dat die land baie staatmaak op buitelandse hulp met die publiek se tevredenheid met die diens wat daal saam met Amerikaanse befondsing. Die bevriesing van Amerikaanse hulp sal dus ‘n wesenlike plaaslike impak hê. Die verslag praat ook oor MIV/Vigs programme…
22 Apr 12AM 1 min