Weerkenner sê oor komende winter

Loading player...
Namate die temperatuur begin daal, word Namibiërs gewaarsku om voor te berei op 'n winter wat kouer as gewoonlik sal wees. Weervoorspellings dui daarop dat hierdie winter meer gereelde kouestelsels en 'n groter kans op reënval kan bring in vergelyking met vorige jare. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende weerkenner Johan van den Berg, oor wat om in die komende weke te wagte te wees.
22 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC sê Franciskus was inspirasie

Die ANC sê pous Franciskus het ʼn lewe van diens, nederigheid en onwrikbare morele leierskap gelei. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is Maandagoggend aan beroerte en hartversaking dood. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê pous Franciskus se vermoë om oor godsdienstige, politieke en…
22 Apr 4AM 1 min

DA is skynheilig oor BTW - ActionSA

ActionSA beskuldig die DA van skynheiligheid oor die omstrede beoogde BTW-verhoging, ondanks die DA se openbare teenkanting daarteen. Alan Beesley van Action SA sê die DA se woordvoerder oor Finansies, Ashor Sarupen, was betrokke by die opstel van die oorspronklike begrotingsrede waarin die verhoging ingesluit is. Beesley beweer die DA…
22 Apr 3AM 1 min

Guterres bring hulde aan Franciskus

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê pous Franciskus was ʼn voortreflike stem vir vrede, menswaardigheid en maatskaplike geregtigheid. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is gisteroggend aan 'n beroerte en hartversaking dood. Guterres het by die wêreld aangesluit om oor pous…
22 Apr 3AM 1 min

Mynwese-kamer hou jaarvergadering

Die Kamer van Mynwese se 46ste jaarvergadering vind môremiddag in Windhoek plaas. Die president, Zebra Kasete, sal die mynbedryf se prestasie in 2024 hersien, asook die bedryf se belangrikste prestasies en hoogtepunte. Nuwe ampsdraers vir 2025 tot 2027 sal ook aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Veston Malango,…
22 Apr 2AM 1 min

Mashatile wil nie bespiegel oor skietery nie

Die polisie en die Presidensiële Beskermingseenheid het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat daar op adjunkpresident Paul Mashatile se amptelike voertuig geskiet is. Mashatile het teruggekeer van ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee toe daar 'n paar weke gelede op sy konvooi in Boksburg, naby die N12,…
22 Apr 2AM 1 min