Groei het effe verlangsaam in 2024 - BoN

Loading player...
Tydens die bekendstelling van die Bank van Namibië se jaarverslag het die goewerneur Johannes !Gawaxab gesê effe stadiger groei is in 2024 aangeteken, op 3,7 persent teenoor 4,4 persent in 2023. Dit was hoofsaaklik as gevolg van 'n 1,8 persent inkrimping in primêre nywerhede, veral in diamantmynbou, saaiboerdery en visverwerking. Ten spyte van die verlangsaming in ekonomiese groei het die sentrale bank 'n rekordwins vir die jaar 2024 gemaak. !Gawaxab het meer.
31 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eise vir vuurwapen-vrye beleid op SA-kampusse na skietery

Universities South Africa vra streng vuurwapen-vrye beleid op alle kampusse nadat ’n student doodgeskiet is tydens ’n betoging by die Walter Sisulu Universiteit in die Oos-Kaap. Voorsitter Francis Petersen het aan Newzroom Afrika gesê dat veiligheid noodsaaklik is vir onderwys. Hy het die behoefte beklemtoon aan duidelike regulasies, sterk sekerheid,…
21 Apr 11PM 1 min

Kardinale sal vergader om nuwe pous te verkies

Met die dood van pous Franciskus, het bespiegelings begin oor wie onder die kardinale hom sal opvolg. Die opvolger kan nog 'n nie-Europeër wees, of kan soos Franciskus 'n progressiewe wees, in teenstelling met die konserwatiewe vleuel van die kerk. Die verkiesingsproses tussen kardinale wat sal plaasvind sodra Franciskus begrawe…
21 Apr 11PM 1 min

Sportministerie kan nou stadions, fasiliteite regmaak

Adjunk-sportminister Dino Ballotti sê 200 miljoen Namibiese dollar is toegewys vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas. Dit sal die weg baan vir Namibië om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied, ná die Afrika-sokkerbeheerliggaam CAF se verbod daarop in 2021 weens ontoereikende stadions en fasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Balotti gesels,…
21 Apr 6AM 1 min

SA beplan repatriasie van nog soldate uit DRK

Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het aangekondig dat planne gevorderd is om soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, veilig na Suid-Afrika terug te bring. Hul terugkeer hang af van die strydende groepe se onderhandelings oor 'n skietstilstand…
21 Apr 6AM 1 min

SA glo Bushiri sal vanjaar nog uitgelewer word

Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, is vol vertroue dat die Nasionale Vervolgingsgesag en wetstoepassingsagentskappe die voortvlugtige Shepherd Bushiri nog vanjaar uitgelewer sal kry. Hy het in 2020 na sy geboorteland, Malawi, gevlug terwyl hy op borgtog was nadat hy aangekla is van onder meer verkragting en geldwassery uit 2016…
21 Apr 5AM 1 min