
Kardinale sal vergader om nuwe pous te verkies
Loading player...
Met die dood van pous Franciskus, het bespiegelings begin oor wie onder die kardinale hom sal opvolg. Die opvolger kan nog 'n nie-Europeër wees, of kan soos Franciskus 'n progressiewe wees, in teenstelling met die konserwatiewe vleuel van die kerk. Die verkiesingsproses tussen kardinale wat sal plaasvind sodra Franciskus begrawe is, is egter baie geheimsinnig. Die kardinale sal die datum vir die aanvang van die konklawe bepaal nadat hulle in Rome aangekom het. SkyNews se internasionale korrespondent Alex Rossi verduidelik die proses.