Woord vir Vandag - 4 April 2025

Loading player...
1 Korintiërs 16:1 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (5)
Toe ‘n resessie Jerusalem tref, het Paulus vir die gelowiges in Korinte gevra om geld te skenk om aan hierdie behoefte te voldoen: ‘Wat die geld betref wat ons vir die gelowiges in Jerusalem insamel, moet julle dieselfde reëling volg wat ek met die gemeentes in Galasië getref het. Op elke Dag van die Here, moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings plaasvind wanneer ek kom nie. Wanneer ek kom, sal ek die persone waarop julle besluit, met aanbevelingsbriewe stuur om julle gawe in Jerusalem af te lewer’ (verse 1-3 NLV).
‘n Gesonde kerk sal altyd twee dinge hê: insameling en uitreiking. Dit sal streef om aan beide die geestelike en die materiële behoeftes van mense te voldoen. God het vir sy mense in die Ou Testament gesê: ‘As daar… ‘n arm Israeliet is, een van jou broers, moenie ongevoelig wees en jou hand vir hom toehou nie’ (Deuteronomium 15:7 NLV). Wanneer jy ‘n ware ontmoeting met Christus het, sal jou hart vir mense wat seer het, sag word. ‘Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: ‘Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ‘n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.’ Jesus sê toe vir hom: ‘Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom...’’ (Lukas 19:8-9 NLV). Die Bybel stel voor dat ons as basis 10 persent van ons inkomste as gawes
aan God moet gee (sien Maleagi 3:10). Vir meer as dit moet jy deur jou liefde vir God gelei word: ‘Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief’ (2 Korintiërs 9:7 NLV).
3 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min