Wiele2Wiele ry Volvo se vlagskip-sportnuts

Loading player...
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan ry hulle in luuksheid met Volvo se splinternuwe vlagskip-sportnuts – die EX90. Hulle vertel jou meer oor Lexus se opgradering van sy LX-sportnuts en raak nostalgies oor ’n besonderse boek - 60 Years of Porsche Racing at Kyalami. Daar word ook gesels oor pantserveiligheid wat nou meer bekostigbaar is met die SVI Light-pakket en kyk na International Female Ride Day wat in Mei plaasvind.
3 Apr Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Nuwe Transporter, Triber en XC90 bekendgestel

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie bekendstellings - die Volkswagen Transporter, Renault se Triber en die Volvo XC90. Daar is weer ’n tegniese wenk: moet jy in neutraal of in rat ry vir brandstofbesparing? Hulle bring ook vir jou al die jongste 2Wiele-nuus.
17 Oct 25 min

Wiele2Wiele ry inprop-hibried Velar

Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met Range Rover se inprop-hibried Velar, die Opel Grandland en hulle bring ook tyd met die Volkswagen Tayron deur. Motul gee raad oor gedokterde diesel en die span deel die jongste nuus uit die motorfietswêreld.
9 Oct 25 min

Wiele2Wiele: Heeltyd speeltyd met Mini en BMW

Hierdie week vir Wiele2Wiele is dit heeltyd speeltyd met die Mini Cooper JCW en BMW se M135. Hulle gesels oor al die goed wat jy in jou motor doen wanneer jy in verkeer vassit. Daar word ook oor Marc Márguez, wat pas as die 2025 MotoGP-kampioen gekroon is, gesels en…
2 Oct 26 min

Wiele2Wiele ry met twee BMW’s

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele ’n draai met BMW se 118 en sy wilde boetie, die M235. BYD het sy splinternuwe Dolphin Surf  bekendgestel - tans die bekostigbaarste elektriese motor in Suid-Afrika.  Ons deel praktiese raad oor ‘run-flat’-bande en gesels oor die indrukwekkende BMW R 1300 GS Adventure-motorfiets.
26 Sep 25 min

Wiele2Wiele ry Audi se A3-sedan

Hierdie week vir Wiele2Wiele vier Toyota sy Hilux se ryke geskiedenis in Suid-Afrika met die bekendstelling van die Hilux Legend 55. Vir die padtoets van die week klim die span agter die stuur van die Audi A3 sedan in. Daarna kyk hulle terug na die naweek se motorsport-aksie met die…
19 Sep 24 min