
Keetmans spog met nuwe geel vloot
Loading player...
Die Keetmanshoop-munisipaliteit het nuwe padskrapers en ander swaar grondverskuiwings-masjinerie ter waarde van byna 6 miljoen Namibiese dollar bekom. Burgemeester Annelize Knaus het tydens die onthulling van die geel vloot gesê die toerusting is 'n simbool van groei, veerkragtigheid en toewyding aan die gemeenskap. Knaus sê die toerusting is noodsaaklik vir transformasie en sal 'n beter toekoms vir die komende geslagte skep.