Woord vir Vandag - 6 April 2025

Loading player...
“Net toe hulle gaan sit… sien hulle… ‘n groep Ismaelitiese handelaars wat gom, balsem en hars vanaf Gilead na Egipte toe neem.” Genesis 37:25 NLV
Die oupa se fout het die kleinseun se wonderwerk geword
As Abraham en Sara bereid was om net ‘n bietjie langer te wag, sou Isak gebore word en God se belofte vervul gewees het. Hulle het egter ongeduldig geword en gevolglik is Ismael gebore. Een van die name wat aan God in die Skrif gegee word, is ‘Verlosser,’ omdat Hy jou van jou foute kan verlos en dit in ‘n leerervaring kan verander; Hy kan die gemors wat jy maak in die wonderwerk wat jy nodig het, verander. Dit het drie generasies geneem, maar God het die gemors wat Abraham gemaak het in die wonderwerk van bevryding wat Josef nodig gehad het, verander. Josef se lotsbestemming was om oor Egipte te heers en sy familie en die wêreld in ‘n tyd van hongersnood te red. Omdat sy broers egter wrokkig oor hom gevoel het, het hulle hom as slaaf aan ‘n groep Ismaelitiese handelaars verkoop. Hulle was die nageslag van Ismael, wat vir Abraham en Hagar, Sara se slavin, gebore is. Waarheen was hierdie Ismaeliete op pad? Egipte toe! ‘Net toe hulle gaan sit… sien hulle… ‘n groep Ismaelitiese handelaars wat gom, balsem en hars vanaf Gilead na Egipte toe neem… Toe die handelaars by hulle verbykom, trek die broers vir Josef op uit die put. Daarna verkoop hulle hom vir twintig stukke silwer. Die Ismaelitiese handelaars het hom saamgeneem Egipte toe’ (verse 25, 28 NLV). Dis nie verby nie totdat God sê dis verby. Hy kan die gemors wat jy in die verlede gemaak het in ‘n wonderwerk wat jy in die toekoms gaan benodig, omskep. Hierdie wonderwerk sal nie net jou nie, maar ook ander mense seën. Miskien sal daardie ander mense jou eie familie wees, net soos in Josef se geval.
5 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min