Woord vir Vandag - 7 April 2025

Loading player...
“Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.” Psalm 37:24 NLV
Hoe om die vrees vir mislukking te oorkom
Elke geleentheid in die lewe bring twee dinge mee: die moontlikheid om sukses te behaal; of die moontlikheid om te misluk. Wanneer jy die einde van jou lewe bereik, sal jou grootste spyt nie oor jou mislukkings wees nie, maar oor die geleenthede wat jy nie aangegryp het nie omdat jy bang was om te misluk. Hier is ‘n paar beginsels om jou te help om die vrees vir mislukking te oorkom: 1) Wees gewillig om te probeer en te misluk. Wanneer dit gebeur, vertel mense daarvan. Hoekom? Omdat jy dan sal agterkom dat mislukking nie noodlottig is nie. 2) Vind ‘n projek wat so groot is dat jy dit nie sonder God se hulp kan aanpak nie en wy jouself dan daaraan toe. 3) Bring tyd saam met impulsiewe mense deur. Let op hoe hulle risiko’s neem. Deur te sien en na te boots is ‘n goeie manier om te leer. 4) Die manier om te leer hoe om groot treë in geloof te neem, is deur klein treë in geloof te neem. Komplimenteer iemand wat jy nie ken nie. Wees gewillig om ‘n addisionele taak by die werk aan te pak. Gaan uit jou pad om iemand in nood te help. 5) Verklaar oorlog teen perfeksionisme. In plaas daarvan om te wag tot jy dit perfek kan doen, doen jou bes en sê vir jouself: ‘Dis goed genoeg vir nou.’ 6) Wees bang maar gehoorsaam God in elk geval. Jy sal nooit jou vrese totaal oorwin nie, maar jy kan dit verminder tot waar dit minder beheer oor jou lewe het. Hier is ‘n belofte waarop jy kan staan: ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (verse 23-24 NLV).
6 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min