Woord vir Vandag - 8 April 2025

Loading player...
“Kom ons strewe dus na harmonie onder mekaar en na dit wat ons onderlinge geestelike opbou sal bevorder.” Romeine 14:19 NLV
Kom ons respekteer mekaar se verskille
Paulus sou nie ‘n duim toegee as dit by die sentrale waarhede van die Skrif gekom het nie. Wanneer dit egter by tradisies, persoonlike opinies en persoonlike voorkeure gekom het, het hy gesê: ‘…Elkeen behoort seker te maak van sy eie oortuiging in die verband’ (vers 5 NLV). Onder die wet van Moses was die besnydenis gelykstaande aan ‘n verbond tussen jou en God. Toe nie-Joodse gelowiges dus by die Nuwe Testamentiese kerk aangesluit het, het Joodse gelowiges daarop aangedring dat hulle ook besny moet word. Nie as babas nie, maar as volwassenes! Was hierdie Joodse gelowiges opreg? Absoluut. Hulle was egter opreg mislei. Toe die kwessie gedreig het om die kerk in twee te skeur, het die apostels in Jerusalem bymekaar gekom, oor die saak gebid en die volgende opinie uitgereik: ‘Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verder las op julle te lê nie, behalwe die volgende voorskrifte’ (Handelinge 15:28 NLV). Wanneer ‘n tradisie of persoonlike voorkeur gelyk in gesag aan God se Woord word, het ons te ver gegaan. Was jy ontsteld oor iemand wat nie met jou oor een of ander onbelangrike punt van leerstelling saamgestem het nie? Was jy krities oor iemand wie se opinie van joune verskil het? Miskien het jy, deur op jou lys van moets en moenies aan te dring, die belangrikste item op God se lys vergeet: dat ons liefde teenoor mekaar moet betoon. Jesus het gesê: ‘As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is’ (Johannes 13:35 NLV). Ons harte kan een wees, selfs wanneer ons gedagtes nie saamstem nie. Ons kan hand aan hand loop, sonder dat ons dieselfde dink. Soos teoloë dikwels sê: ‘In noodsaaklike dinge, eenheid. In alles anders, liefdadigheid!’
7 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min