Dis hoe VSA-tariewe Namibië gaan raak

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump se invoertariewe sluit in 'n 21 persent tarief op Namibiese invoere. Handel tussen die twee lande het in 2024 sowat 7,8 miljard Namibiese dollar beloop, met Amerikaanse uitvoere na Namibië wat gedaal het, terwyl die land se invoere uit Namibië skerp gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus ekonoom Robert McGregor, oor hoe die nuwe tariewe Namibië sal raak.
4 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

FNB se N$1 miljard aan SME’s 'uitstekende inisiatief'

FNB Namibia het 1 miljard Namibiese dollar opsy gesit om plaaslike SME’s te ondersteun wat betrokke is by die olie-, gas-, energie- en ontginningsektore. Dit volg op 'n memorandum van verstandhouding wat met Nigerië se Moneda Capital Management en Ino Capital Investments onderteken is. SME’s se kapasiteit sal ook gebou…
11 Apr 12PM 1 min

IVP vergader met ANC oor begroting-dooiepunt

'n Afvaardiging van die IVP onder leiding van sy president, Velenkosini Hlabisa, het Donderdag met die ANC vergader om dringende nasionale kwessies te bespreek, veral die voortslepende dooiepunt in die regering van nasionale eenheid oor die begroting. Die ANC het met partye binne, sowel as buite die koalisieregering, onderhandel om…
11 Apr 12PM 1 min

Ithete fokus op jeug-werkverskaffing in Erongo mynbou

Adjunk-premier Natangwe Ithete het die noodsaaklikheid beklemtoon dat Namibiërs, veral die jeug, voordeel moet trek uit die land se natuurlike hulpbronne, spesifiek in die Erongo-streek. Hy het tydens 'n besoek aan die streek jeugwerkloosheid en die belangrikheid daarvan om jongmense by ekonomiese geleenthede te betrek uitgesonder. Hy sê dat beleide…
11 Apr 11AM 1 min

Salah teken nuwe kontrak met Liverpool

Sokker: Die Egiptiese doelskieter Mohamed Salah het 'n nuwe kontrak van twee jaar met Liverpool onderteken wat hom tot 2027 op Anfield sal hou. Sy kontrak sou die einde van hierdie seisoen verstryk. Die 32-jarige het hierdie seisoen 27 doele en 17 aanvorings bygedra om Liverpool tot boaan die Premierliga-punteleer…
11 Apr 11AM 1 min

Onthou om bloed te skenk op Red Saturday!

Die Paasnaweek met sy verhoogde padongelukke is om die draai, en die Namibiese Bloedoortappingsdiens hou môre sy landswye Red Saturday-veldtog om sy bloedbank aan te vul. Skenkings sal in verskeie sentrums regoor die land gemaak kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zita Tobin, die diens se bemarkingshoof, wat…
11 Apr 10AM 1 min