
IVP vergader met ANC oor begroting-dooiepunt
Loading player...
'n Afvaardiging van die IVP onder leiding van sy president, Velenkosini Hlabisa, het Donderdag met die ANC vergader om dringende nasionale kwessies te bespreek, veral die voortslepende dooiepunt in die regering van nasionale eenheid oor die begroting. Die ANC het met partye binne, sowel as buite die koalisieregering, onderhandel om die dooiepunt op te los. Die IVP se nasionale woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê hulle het klem daarop geplaas dat die begroting fundamenteel vir behoeftiges is en dat stewige maatskaplike veiligheidsnette ingebou moet word om kwesbare gesinne te beskerm: