
Waar wil inligtingministerie heen reis vir N$28 miljoen in S&T?
Loading player...
Verskeie nuwe parlementslede het in hul nooienstoesprake die voorgestelde begroting gekritiseer. John-Louw Mouton, die IPC se skaduminister van inligting- en kommunikasietegnologie, sê daar word nie genoeg voorsiening gemaak vir sagteware infrastruktuur nie. Mouton het ook die inligtingministerie se S&T-toewysing bevraagteken.