
Viool en klavier sorg vir romantiese liedere op Odeion verhoog
Loading player...
Op 24 April bied die Odeion in Bloemfontein ‘Timeless Romantic Songs’ aan met Piet Koornhof op viool en Nicol Viljoen op klavier. Hierdie konsert bestaan uit 'n keur van tydlose romantiese liedjies wat vir viool en klavier verwerk is. Die gesofistikeerde keuse sluit romantiese melodieë in wat wissel van nostalgies tot evokatief en weemoedig. Prof Nicol Viljoen sluit aan by Yolanda Maartens in die OFM Art Beat om oor hierdie wonderlike program te gesels. Kaartjies is by Quicket beskikbaar.