Woord vir Vandag - 9 April 2025

Loading player...
“Jy het my baie dinge hoor leer… Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV
Dra dit aan ander oor
Wat is jou lewensdoel? Oorlewing of sukses? Sommige van ons ly aan die ‘eendsindroom.’ Ons kom kalm op die oppervlak voor, maar onder die oppervlak skop en roei ons verwoed. Ons dink: ‘Ek is bly die mense rondom my weet nie hoe min ek weet nie,’ en ons hou hulle op ‘n afstand in die hoop dat hulle nooit sal uitvind nie. God wil nie hê dat jy as die bron van jou eie krag en wysheid moet lewe nie. Dawid het geskryf: ‘Die Here is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees?..’ (Psalm 27:1 NLV). Aan die ander kant streef sommige van ons na ‘n selfgesentreerde vorm van sukses wat by ons begin en eindig. Ons bekommer ons net oor onsself. Wanneer dit jou doelwit is, kan God jou nie met sukses vertrou nie, omdat jou motiewe elke beginsel in sy Woord oortree. God het vir Abraham gesê: ‘…Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot ‘n seën sal wees’ (Genesis 12:2 NLV). Wanneer jou hart se bedoeling is om ander mense te seën, sal God dit wat jy aanpak, seën. Jesus het gesê: ‘…Ek [het] julle uitgekies… om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou…’ (Johannes 15:16 NLV). ‘n Deel van God se plan vir jou lewe is om dit wat Hy aan jou toevertrou het, aan ander oor te dra. Daar is geen blywende sukses as daar nie iemand is om dit op te volg nie. Dis hoekom Paulus geskryf het: ‘Jy het my baie dinge hoor leer… Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.’ Die woord vir jou vandag is dus – dra dit aan ander oor.
8 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min