Woord vir Vandag - 10 April 2025

Loading player...
“Toe vra die Here vir hom: ‘Wat het jy daar in jou hand?’…” Eksodus 4:2 NLV
‘Gooi dit neer’
Die Bybel sê: ‘Toe vra die Here vir hom: ‘Wat het jy daar in jou hand?’ ‘’n Herderstok,’ antwoord Moses. ‘Gooi dit op die grond neer,’ het die Here vir hom gesê. Hy gooi dit toe op die grond en dit het ‘n slang geword. Moses het geskrik en hy wou weghardloop. Maar die Here sê vir hom: ‘Gryp dit aan sy stert!’ Toe Moses dit gryp, het dit weer ‘n herderstok geword’ (verse 2-4 NLV). Toe het God vir Moses die opdrag gegee dat hy na Egipte moes terugkeer en vir die farao sê om die kinders van Israel vry te laat. ‘Maak seker dat jy jou herderstok by jou het sodat jy daarmee die tekens kan doen wat Ek jou geleer het’ (vers 17 NLV). Die herderstok het Moses se sekuriteit verteenwoordig. Dit het hom fisiese sekuriteit teen wilde diere gegee. Dit het hom finansiële sekuriteit gegee – sy skape was sy finansiële bate. Moses se stok het hom ook as ‘n herder geïdentifiseer. Hierdie ervaring het die einde van een seisoen en die begin van ‘n nuwe seisoen in sy lewe gekenmerk. Die herderstok wat Moses op die grond gegooi het is gebruik om na skape om te sien, maar die een wat hy opgetel het sou gebruik word om die waters van die Rietsee te skei en God se mense na die Beloofde Land te lei. Vra God jou om dit wat jou sekuriteit en identiteit verteenwoordig op die grond neer te gooi? Moenie bang wees nie, doen dit! Wat jy terugkry sal baie groter wees as enigiets wat jy gevra word om prys te gee. Die enigste manier om jou nuwe identiteit te vind, is om jou ou een te laat gaan. Die enigste manier wat jy jou sekuriteit in Christus sal vind, is om die menslike sekuriteit waaraan jy vasklou, neer te gooi.
9 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min