Woord vir Vandag - 10 April 2025

Loading player...
“Toe vra die Here vir hom: ‘Wat het jy daar in jou hand?’…” Eksodus 4:2 NLV
‘Gooi dit neer’
Die Bybel sê: ‘Toe vra die Here vir hom: ‘Wat het jy daar in jou hand?’ ‘’n Herderstok,’ antwoord Moses. ‘Gooi dit op die grond neer,’ het die Here vir hom gesê. Hy gooi dit toe op die grond en dit het ‘n slang geword. Moses het geskrik en hy wou weghardloop. Maar die Here sê vir hom: ‘Gryp dit aan sy stert!’ Toe Moses dit gryp, het dit weer ‘n herderstok geword’ (verse 2-4 NLV). Toe het God vir Moses die opdrag gegee dat hy na Egipte moes terugkeer en vir die farao sê om die kinders van Israel vry te laat. ‘Maak seker dat jy jou herderstok by jou het sodat jy daarmee die tekens kan doen wat Ek jou geleer het’ (vers 17 NLV). Die herderstok het Moses se sekuriteit verteenwoordig. Dit het hom fisiese sekuriteit teen wilde diere gegee. Dit het hom finansiële sekuriteit gegee – sy skape was sy finansiële bate. Moses se stok het hom ook as ‘n herder geïdentifiseer. Hierdie ervaring het die einde van een seisoen en die begin van ‘n nuwe seisoen in sy lewe gekenmerk. Die herderstok wat Moses op die grond gegooi het is gebruik om na skape om te sien, maar die een wat hy opgetel het sou gebruik word om die waters van die Rietsee te skei en God se mense na die Beloofde Land te lei. Vra God jou om dit wat jou sekuriteit en identiteit verteenwoordig op die grond neer te gooi? Moenie bang wees nie, doen dit! Wat jy terugkry sal baie groter wees as enigiets wat jy gevra word om prys te gee. Die enigste manier om jou nuwe identiteit te vind, is om jou ou een te laat gaan. Die enigste manier wat jy jou sekuriteit in Christus sal vind, is om die menslike sekuriteit waaraan jy vasklou, neer te gooi.
9 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 15 April 2026

“I will meditate on Your precepts, and contemplate Your ways.” Psalm 119:15 NKJV Meditate and assimilate Meditation is the most effective way to assimilate God’s Word. David describes the “blessed” man this way: “His delight is in the law of the Lord, and in His law he meditates day and…
22 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 15 April 2026

“Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.” Psalm 119:15 NLV Mediteer en memoriseer Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm…
22 Mar 2 min

Word for Today - 14 April 2026

“The eyes of the Lord run to and fro throughout the whole earth, to show Himself strong.” 2 Chronicles 16:9 NKJV Responsibility and the “ability to respond” God never gives a person responsibility without giving the ability to respond. So, you can look in the mirror today and say with…
22 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 14 April 2026

“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag…
22 Mar 2 min

Word for Today - 13 April 2026

“I have set the Lord always before me; because He is at my right hand I shall not be moved.” Psalm 16:8 NKJV “I have set the Lord always before me” Say these words aloud several times and let them roll around in your mind: “I have set the Lord…
22 Mar 1 min